Jy
sien haar, jy glo nie sy is daar nie. Sy sê vir jou iets mooi, jy glo nie dit
is waar nie. Sy flirt met ‘n ander ou, nou kan jy nie bedaar nie. Blerrie ex-meisies.
Party dae voel dit hulle is net daar om in jou slaai te krap, om jou bloed te
laat kook. Ek weet ek raak heel befok as ek my ex sien, en ek weet nooit of dit
befok kwaad of befok spyt is nie. Al wat ek weet is, vermy die ex, maak nie
saak wat nie moenie met haar kontak maak nie. Daar is redes hoekom dit verby
is, vergeet van alles. Partykeer is sy nie eers daar nie dan mors sy met jou.
So
‘n paar jaar terug was ek besig om ‘n meisie te laat val vir my. Vir kopiereg
doeleindes kom ons noem haar Sarie. Sarie was great en ek het verskriklik baie
gehou van haar en haar lekker ass. Sy het my laat voel soos Brad Pitt en maak
nie saak wat ek gedoen het nie, sy het aan my gehang soos 'n mossel in hoogwater. Een
aand vat ek haar uit vir ‘n drink, net ‘n lekker rustige drankie sodat sy darm
kan weet ek wil saam met haar in die publiek gesien word, dis hoe into haar ek was.
Ons gesels heelaand baie lekker, oor alles van musiek tot movies tot kook, maar
toe eweskielik begin sy my uitvra oor my ex. Dis nooit lekker vir enige ou nie. Vir
kopiereg doeleindes kom ons noem my ex Wilma.
Sarie
het geweet daar was ‘n Wilma, en hoe meer sy uitvra hoe vinniger raak sy
omgekrap. Sarie maak toe wilde claims dat ek nog nie oor Wilma is nie en ek
verseker haar dat ek nie kan minder omgee oor die meisie wat my hart destyds gebreek het nie. Tipies soos vroumense maar is was dit nie lank nie toe was ek diep
in die kak, sonder dat ek enige iets gedoen het, alles blerrie Wilma se skuld.
Sarie wou nie eers vir my kyk nie. Met my mooiste gesig kyk ek toe Sarie diep
in die oë en ek beplan hoe ek vir haar gaan sê:”Sarie, jy verbeel, ek hou niks
meer van Wilma nie”. Stadig draai Sarie haar gesig na myne, sy glimlag en ek
gooi my line: “Wilma, jy verbeel jou…”. O fok! Dit was soos ‘n atoombom wat
val, reg op my toekomsplanne met hierdie meisie en dit laat niks staan nie. Sarie
blimsem, nie Wilma nie! Fok tog! Vir ‘n oomblik het ek gedink sy gaan my klap,
maar sy het net my hand gelos en geloop. Daar gaan daai hot ass.
Hier
sit ek nou 2jaar later op die stoep en kyk oor Pretoria, die plek waar ek nou
probeer iets maak van my lewe. Dit lyk mooi, dit lyk groen, baie bome hier. Niks
van my ex’s nie. As jy soos ek van ‘n semi-woestyn af kom is hierdie groen een
van die mooiste goed wat jou oë kan waarneem, dit en vloedwater. Ek kyk nou nie
na ‘n see of ‘n berg of ‘n windpomp nie, maar hierdie uitsig wat ek geniet
terwyl ek my koffie en my slap weet-bix afwerk is nogals asemrowend. Ek kan van
die Voortrekker monument tot by die Unie gebou sien. Loftus se spreiligte pronk
ok daar in die middel en die Telkom toring laat dit lyk of hierdie stad ‘n ereksie
het. Soos ek staar na die geboue in die verte mis ek die dae wat ek na die kaap
se stad gekyk het vanaf die voet van tafelberg.
"Ek het jou lief soos die Kaap" |
Ek
is nou al ‘n paar weke in ons land se hoofstad. Dis lekker, ‘n anderste tipe
lekker, nie die tipe lekker wat jy op die strand of in ‘n bier sal kry nie. Meer
soos daardie tipe lekker wat jy kleintyd in ‘n inkleurboek gevind het met jou
24-kleur potloodstel terwyl jy lag vir die losers wat net 12 kleure het. Dis ‘n
lekker wat ek waardeer omdat dit baie eerlik en eenvoudig is. In 2010 was daar
berig daar Kaapstad een van die wêreld se top toeriste bestemmings was. Dit het
mooi opgesom wat my gepla het van die kaap. Dit is ‘n vakansieplaas wat almal
oor die wêreld deel met mekaar, ‘n baie afgewaterde ervaring as jy my vra. Amper
al die vriende wat ek al hier gemaak het is Pretoria born and bred en moerse trots op die plek en wat dit is. Hulle is
daai tipe mense wat presies vir jou sal kan sê wanneer kerkplein se eerste
baksteen gelê was of watter voortrekkers hier agtergebly het, maar vra hulle
wie is die voorry van die bloubulle dan het hulle nie ‘n clue nie. Dit maak nie
saak nie, hulle weet meer van Pretoria as wat Kapenaars weet van die Kaap.
As
hulle so praat van die plek en sy geskiedenis voel die Wes-Kaap en alles wat ek
ken donners ver weg en ek kan nog nie besluit of ek die berge en die colourds
mis of nie. Ek kan nie help om hierdie stad heeltyd te vergelyk met Kaapstad
nie. Natuurlik hou die Pretoria mense nie daarvan as ek heeltyd so oor my
ex-stad praat nie. “Kom oor dit, bra” sal hulle sê en vir my ‘n skewe kyk gee
asof dit my idee was om hierdie plek se naam te verander na Tshwane. Ek dink
nie hulle verstaan dat die kaap my huis was vir ‘n lang tyd en dat dit moeilik
was vir my om dit te agter te laat nie.
Dit
voel of ek onlangs met my meisie van drie jaar opgebreek het en toe binnekort
daarna ‘n nuwe liefde gevind het, so heel skelm. Ek was nog nooit goed met
verhoudings nie. Drie jaar is lank, daar was goeie tye, daar was slegte tye.
Party dae wonder ek of Kaapstad nog aan my dink soos ek aan haar dink, of sy
dalk wonder hoe dinge sou uitdraai as ek haar nooit gelos het nie. Dis snaaks
hoe jy na die tyd as als verby is maklik foute kan sien wat jy nie kon sien toe
jy daar was nie. Ek gaan nie jok nie, ek en Pretoria is nou saam en die plek is
great, maar ek voel nog iets vir die goeie ou Kaap. Dis dalk ‘n problem, Sarie en
Wilma was nog nooit eintlik vriende nie.
Pretoria
is baie anders as wat ek verwag het en ek het nog nie een keer vir Steve
Hofmeyr gewaar nie. Ek het gedink hy gaan oorals wees. Natuurlik het ek
hierheen gekom met voorafgestelde idees oor hoe die plek gaan wees, en baie van
daardie idees is waar en ander is weer onwaar. Kom ons begin by die lugdruk, ek
dink dis ‘n pot stront. Ja Gauteng is meer is ‘n kilometer hoër as die see,
maar vandat ek hier is het my lynskoppe nog nie verder as gewoonlik getrek nie
en ek het nog nie vinnger uitasem geraak as ek gaan stap, ‘n frikkie vang of Noot
vir Noot kyk nie. Teleurgesteld is ‘n understatement!
Nog ‘n ding wat ‘n ouvrou storie is, is die sogenaamde Pretoria aksent. Van al
die mense wat ek hier ontmoet oorrond niemand hul klinkers nie, nie eers die
aptekers nie. Almal praat soos normale mense en almal kom redelik intelligent
voor. Having said that ek was nog nie
in Pretoria-Noord nie, daar mag dit dalk anders wees.
As
ek die verskil tussen die Kaap en Gauteng kan probeer verduidelik gaan ek dit doen
met braai as my voorbeeld. Die Kapenaar sal ‘n groot vuur maak, wag tot dit
uitgebrand het en dan amper ‘n halwe slaghuis braai net soos wat hy dit wil hê.
Die Gauteng persoon sal vining ‘n paar stukkies charcoal aan die brand kry en
dan ‘n worsie gaar maak en eet. As die Kapenaar ooit vir die Gautenger vra
hoekom gebruik hy charcoal gebruik en nie hout nie sal hy spoedig antwoord: ”Dis
baie vinniger”.
Een ding kan ek verseker sê, ek is glad nie
spyt ek het gekom nie. Hierdie stad het my weer laat glimlag oor die klein
dingetjies in die lewe soos die weer, bome en brandewyn. Daar is ‘n sekere iets
in Gauteng wat ek nog nooit voorheen teegekom het nie. Ek weet nie eers wat om
dit te noem nie of hoe om dit aan julle te verduidelik nie. Dis maar hoe jy is
as jy ‘n nuwe liefde het. Jy hou van daai goedjies wat ander mense dink stupid
is, en as jy ooit eendag uit daardie fase is, is dit die goed wat jou die
meeste afpis. Die mense hier dink anders, hulle doen dinge anders, hulle lewe
anders. Elke nou en dan is anders goed vir die siel.
Partydae
voel ek soos ‘n CA kar in ‘n besige straat in Hatfield, asof die massas maklik
kan agterkom ek is van die Kaap, maar ek wonder heeltyd, pla dit hulle? Het
hulle ‘n problem met die feit dat daar mense is wat op ‘n weeklikse basis see
toe gaan of gaan wyntoer, mense wat nie vasgevang is in die ratrace nie? Kyk
hulle neer op Kapenaars? Dalk moet ek net Pretoria in die oë kyk en sê:”baby, jy
verbeel jouself, ek mis glad nie moederstad nie.” Jok maak alles beter.
Ja
ex-meisies is ‘n pyn in die gat. Jy dra hulle saam jou soos ‘n lelike moesie op
jou ken, maar erens langs die pad besef jy om nie te worry nie, en om nie oor
hulle te praat nie. In jou kop vergelyk jy nog die twee, al weet jy jy moet
nie. Dis nie lank nie dan vergeet jy alles van die verlede en al waaran jy kan dink is hoe great
Sarie se tiete is. Sarie het baie great kwaliteite wat Wilma nog nie eens van
gehoor het nie! Vanaand klim ek saam Pretoria in die bed, en sy beter lekker
wees, solank ek haar nie Kaapstad noem nie.
--Phillip
Berg
Nog in 'n donderstorm in Pretoria |
PS: As jy hou waarvan jy lees, as jy enigsins genot vind uit my blog, dan vra ek jou mooi, asb vertel jou vriende daarvan. Dankie
hehe funny
ReplyDeletejy het nog altyd gehou van net wors braai -lyk my jy en Pretoors maak 'n oulike couple.
ReplyDeleteSo net my ma en my vriendin in Duitsland lees my blog, maar dis 2 meer vir jou :
ReplyDeletehttp://eyeandtheworld.blogspot.com/2012/03/vandag.html
Ek het nou lekker gesmile vir jou skrywe. Ek stem saam met die Pretoria aksent...pot vol winter-nonsiens. Ek lag vir jou wat dink Steve is die hele Pretoria vol!
ReplyDelete